Sportief?

Spannersport is kookwater!

rugby tennis

Ons fasiliteite:  Ons sportfasiliteite sluit onder andere in:  3 rugbyvelde, krieketvelde, 2 netbal/tennisbane, 4 krieketnette, 2 tennisbane, 2 binneshuise netbal/krieket arenas, ten volle toegeruste gimnasium, tartanfasiliteite op die terrein vir atletiek velditems, paalspringput, -latte en -matte, diskus/gewigstoot ring en twee internasionale standaard hammergooihokke.

krieketatletiek

Ek is ‘n jaar ouer as my maats, kan ek reeds in graad 7 vir die Spanners speel?

Jip, jy kan! Maak kontak met ons sporthoof, mnr. Stefan Geldenhuys vir meer inligting.  Jy kan hom ‘n luitjie gee by 016 976 0760.

Julle bied nie Judo by die HTS aan nie.  Sê nou ek kry SA kleure in Judo, sal ek nog erekleure kry by die skool?

As jy aan enige sport deelneem wat ons nie formeel by die skool aanbied nie, sal ons jou nogsteeds volle erkenning vir jou prestasies daarin gee.  En as jy genoeg maats bring wat die sport wil beoefen, sal ons vir jou ‘n klub by die skool stig!

cross-fit landloop muurbal netbal

Tegnies gesproke die toekoms Technically speaking the future